Die veelbekroonde orrelis Winand Grundling doen improvisasies op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die maanlanding, Nelson Mandela se vrylating, die Springbokke se eerste Wêreldbeker-oorwinning, die dood van prinses Diana, en die Covid-19-pandemie. Die stemkunstenaar Johann Nel dra die nuus van die spesifieke gebeurtenis voor, waarna Winand se improvisasies volg – saam vorm dit ’n intense en emosionele musiekreis.