’n Uur van lag, nabetragting en gekskeerdery wag op almal wat kaartjies bespreek vir die komediant Christie van Niekerk se ondersoekende skets. Dit is immers al September… hoe gaan dit met daardie Nuwejaarsvoornemens? Hoekom gaan ons gym toe in Crocs? Wat is die sin van ons bestaan? Asseblief, Add my op die group, want ons moet praat.