Albatros is die aangrypende verhaal van ’n pa en seun se soeke na versoening met mekaar en hulleself. Tragiese gebeure lei daartoe dat ’n jong Benjamin sy babaseun, Abel, alleen moet grootmaak. Wanneer Abel jare later soortgelyke probleme as sy pa ontwikkel, word hulle skielik gekonfronteer met die spoke van die verlede. Benjamin bou ’n boot en probeer Abel by die bouery betrek in ’n poging om tot hom deur te dring. Dis tragedie, dis komedie, dis al die dinge wat mans sukkel om vir mekaar te sê.