Alda Merini in Afrikaans

Meertalig
60 Minute

13 Oktober

12:00
R75 | R100 by die deur

Charl-Pierre Naudé vra die 90-jarige Rina Cascione uit oor Die kliniek van verlatenheid, haar pragvertaling van Alda Merini se gedigte uit ’n psigiatriese inrigting. As een van Italië se mees gevierde literêre figure wou Merini bekend wees as “die digter van vreugde”. In haar later jare was sy bekend daarvoor dat sy dikwels ’n geldjie uit haar bra sou vis vir ’n behoeftige, en al is sy verwaarloos op TV gewys, het sy ’n onmiskenbaar koninklike aura gehad.

Aangebied deur Naledi