Dié twee gewilde komediante span kragte saam om hulle beste materiaal van die laaste paar jaar na die Toyota Stellenbosch Woordfees te bring. Albei dié grapmakers lok gereeld volgepakte teaters – plaaslik én internasionaal – en aanhangers kan verwag om met twee uur van pure lekkerkry bederf te word.