In dié praktiese slypsessie bemagtig die grimeerkunstenaar Alicia Buckle vroue met tegnieke om grimering vinnig en korrek aan te wend en sy deel nuttige wenke oor sakpas grimeerprodukte wat oral beskikbaar is. Die sessie gaan egter nie net oor praktiese raad nie en wil vroue bemagtig om deur selfsorg ook selfvertroue en veerkragtigheid te kweek.