EasyEquities Skrywersfees
Meertalig
60 Minute

30 September

13:00
R80 | R110 by die deur

Die menseregteprokureur en konflik­bemiddelaar Roger Chennells deel beson­derse stories uit sy lewe en loopbaan – van bonatuurlike ervarings en hofdramas tot interaksies met kleurryke karakters wat ongewone posisies in die samelewing beklee. Roger boekstaaf onder meer sy werk rondom die regte van minderheidsgroepe soos die San, die Pitjantjatjara van Australië en Jamaica se Rastafariërgemeenskap. Erns Grundling vra Roger uit oor die skaamtelose teelepeldief, die saggeaarde gangster met die juweelversierde tande en die San-leier wat sigarette smous. 

Aangebied deur Digital on Demand