Amanda Strydom: Amber / Ombré

Meertalig
Geen o.10
70 Minute

10 Oktober

21:00

12 Oktober

11:00
R185-R235 | R215-R265 by die deur

Amber verwys na ’n oranjebruin edelsteen óf beteken “vlugtig, temperamenteel, vrolik en aandadig”. Ombré is die verandering van lig na donker en van donker na lig. Strydom, Mouton en Rall weef in hierdie kabaret as ’t ware ’n klank-en-woordkleed deur musiek, stories en poësie in te span, met daarby ingemeng skakerings van donker en lig – van verdriet en venyn tot vrolik en verspot. Met musiek van Johannes Kerkorrel, Melissa Etheridge, Ariel Ramirez, Jacques Brel en Ramses Shaffy. 

Met: Amanda Strydom, Coenraad Rall (klavier), Susan Mouton (tjello)

Vervaardiger en skrywer Amanda Strydom 

Musiekregisseur en verwerking Coenraad Rall