American Rhythms is ’n veelbelowende musikale reis, aangebied deur die Wynland Filharmoniese Orkes onder leiding van Reghardt Kühn – met die talentvolle jong pianis Mike Wang as solis in Gershwin se Rhapsody in Blue. Ander Amerikaanse musikale gawes is Copland se grootse Appalachian Spring en die energieke Danzón van Márquez. Gehore word ’n reis belowe wat net dié drie tydlose werke kan bied. Kom saam vir ’n onvergeetlike aand van klassieke Amerikaanse treffers.