Charmaine Africa se bekende skrywer-kunstenaarseuns, Nathan en André Trantraal, het haar aangemoedig om te skryf, en die uiteinde was Amma. Hierdie memoires is al beskryf as “meesterlik” en “oneindig onthoubaar”, en in dié gesprek sal jy uitvind waarom. Die skrywer en aktrise Veronique Jephtas kry vir Charmaine aan die gesels oor onder meer wat sy self graag lees, en sal seker maak haar legendariese humorsin skemer deur.