Annelie Botes se Katvis

Afrikaans
60 Minute

10 Oktober

11:00
R75 | R100 by die deur

Ná ’n tyd van ingrypende liggaamlike trauma is Annelie Botes deur haar dokters verbied om self oor haar eerste roman in 12 jaar te kom gesels. In haar plek is die ou Gryse (Annelie se man, vennoot en versorger, Chris Botes), wat die skepping van Katvis woord vir woord meegeleef het, en die afgelope jaar dikwels namens haar moes praat. Katvis is die verhaal van Maria, wat uit ‘n huwelik met ’n magsbehepte man na ’n veilige hawe ontsnap. Wanneer sy dit egter met net haar koffer en viool bereik, vind sy sy is deur ‘n gewetenlose swendelaar gekatvis en die hel lê nog voor. Maryke Roberts vra die vrae.

Aangebied deur Penguin Random House