Anton Rupert: Die lewe van ’n sakelegende

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute

30 September

10:00
R80 | R110 by die deur

Anton Rupert, magnaat en weldoener, was ’n sakelegende wat een van Afrika se welvarendste maatskappye uit niks opgebou het. Die sakeskrywer Ebbe Dommisse teken Rupert se volle verhaal op – van sy kinderjare in die Karoo tot die klein droogskoonmakery waarmee hy die sakewêreld betree tot sy posisie as hoof van ’n wêreldwye sakeryk. Die sakejoernalis en skrywer Theunis Strydom tree met Dommisse in gesprek oor die mens, die maatskappy en die sakelesse wat van Rupert te leer is.

Aangebied deur Tafelberg