Meertalig
90 Minute

13 Oktober

11:00

14 Oktober

18:30
R165-R190 | R195-R220 by die deur

As ek… bied ’n persoonlike blik van drie digters se perspektiewe oor die menslike toestand. Madeleine Dring en Lori Laitman se gebruik van populêre musiekstyle skep ’n direkte emosionele konneksie met Betjeman en Dickenson se poësie. Argento se bekroonde toonsetting van uittreksels uit Virginia Woolf se dagboek is ’n eerste uitvoering in Suid-Afrika. Dié monumentale siklus vertel van tere herinneringe aan haar familie, komiese waarnemings, angs, oorlog en hoop. Die program bied uitsonderlike sangkuns en pianistiek in ’n liedvoordrag wat uitdagend én toeganklik is.

Met: Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan), Pieter Grobler (klavier) 

Musiek Madeleine Dring, Lori Laitman, Domenick Argento