Dié inisiatief gee aan feesgangers toegang tot plaaslike kunstenaars se skeppende ruimte. Deelnemende kunstenaars is op vasgestelde tye in hulle ateljee beskikbaar, terwyl van hulle ook in ateljees op die Blaauwklippen-wynlandgoed gehuisves word. Klim op ’n feesbussie in Ryneveldstraat en besoek die onderstaande ateljees in en om Stellenbosch.
Hierdie fotoreeks is in en om Stellenbosch geneem. Lunga vind inspirasie in die dorp se ryke geskiedenis, die flora en fauna in die botaniese tuin en die mense van Kayamandi. Sy liefde vir fotografie lê in die dokumentering van sy meditasieruimtes en die vaslegging van die beginsels, etiek en waardes van sy erfenis en kultuuragtergrond.