Ateljeebesoeke by Blaauwklippen: Paula van Coller 

Visuele Kuns
Meertalig
60 Minute

2 Oktober

09:00
10:00
11:00

4 Oktober

09:00
10:00
11:00
Gratis

Dié inisiatief gee aan feesgangers toegang tot plaaslike kunstenaars se skeppende ruimte. Deelnemende kunstenaars is op vasgestelde tye in hulle ateljee beskikbaar, terwyl van hulle ook in ateljees op die Blaauwklippen-wynlandgoed gehuisves word. Klim op ’n feesbussie in Ryneveldstraat en besoek die onderstaande ateljees in en om Stellenbosch.

Die ontwikkelingsfases van haar tuin en verskillende tydsgebeure van die natuur dien as hoofinspirasie vir Paula se kunswerke. Moeder Natuur se voortdurend veranderende stelsel dien as metafoor vir aanpasbaarheid in verskillende tydsgebeure en tegelykertyd ook as simbole van hoop en aanpasbaarheid.