Ateljeebesoeke by Blaauwklippen: Strijdom van der Merwe

Visuele Kuns
Meertalig
60 Minute

1 Oktober

09:00
10:00
11:00
Gratis

Dié inisiatief gee aan feesgangers toegang tot plaaslike kunstenaars se skeppende ruimte. Deelnemende kunstenaars is op vasgestelde tye in hulle ateljee beskikbaar, terwyl van hulle ook in ateljees op die Blaauwklippen-wynlandgoed gehuisves word. Klim op ’n feesbussie in Ryneveldstraat en besoek die onderstaande ateljees in en om Stellenbosch.

Strijdom is ’n landskapkunstenaar wat gebruik maak van die materiaal uit die landskap wat hy herrangskik of verwerk in geometriese patrone. Al wat van die vlietende werke agterbly, is dokumentasie. Hy maak ook houtbeeldhouwerke met ’n sterk verwysing na totempale – dié werk is meer dekoratief van aard.