Ateljeebesoeke: Roete 7

Meertalig
180 Minute

13 Oktober

09:00

Kochstraat Parkeer-en-Pendel

R300

Kom geniet die wonderlike tuin van Dylan Lewis waar 60 van sy beeldhouwerke in ’n pragtige natuuromgewing uitgestal word en ’n magiese ervaring vir die besoeker skep. Die toer word gelei deur Diane Harper. Let wel: Die tuinpaadjies is ongelyk en bedek met los gruis – dus gevaarlik vir mense wat onvas is op hulle voete of sukkel met hul balans. Daar is geen parkeerplek by die tuin nie.

Oor Diane Harper:

“Ek is deur die natuur geïnspireer. Om te skilder en teken beteken ek kan my ervarings van plekke wat die herinnering aan wildheid uitdrukking gee. Benewens begeleiding by die Dylan Lewis-beeldetuin bied ek ook kreatiewe ervarings aan wat deur die lokaal geïnspireer is ”

Diane het ’n BA in Beeldende Kuns van UK en ervaring in die bestuur van galerye en in prentraamwerk.