ATKV-tienertoneel nasionale wenproduksie: Wegwêreld

Meertalig
55 Minute

14 Oktober

18:30

15 Oktober

14:00
R90 | R120 by die deur

Die 59ste wenner van die ATKV-Tienertoneel-kompetisie, Wegwêreld (‘n produksie van die Hoërskool Parel Vallei), maak vanjaar ’n buiging op die Woordfees-verhoog kort ná die naelbyt-eindronde in Johannesburg.

In Wegwêreld het al die slegte dinge wat ons gedink het met die planeet kan gebeur, ’n werklikheid geword. ’n Klein gemeenskap mense het gebly en hulself bewaar van wat verder, buite die stad se mure is. “Op Maandae bak ons melktert en ons ruil woorde uit by die markte, waar net musiek uit die 80’s en groen klere toegelaat word.” Die moed wat dit vat om jouself buite die wêreld te sit en die universele nood om te bind, raak te sien – dit is die middelpunt in hierdie visuele reis. Alles begin met die lig op die horison.

Meer as 3 000 tieners reg oor Suid-Afrika het in 2023 met 172 produksies aan dié kompetisie, die ATKV se oudste projek, deelgeneem. Kom vier vanjaar se wenners saam met ons, en laat Suid-Afrika se jong talent jou meevoer met hul verhoogvernuf.