Babylonstories

EasyEquities Skrywersfees
Meertalig
60 Minute

4 Oktober

14:00
R80 | R110 by die deur

Dalk ken jy Babylonstoren as plaashotel of oor die beroemde tuin, of miskien het jy al gehoor hoe lekker ’n mens daar eet. Maar Babylonstoren is meer as net bly-, groei- en eetplek: Die plaas is ’n plek van stories. In Babylonstoren word die storie van die plaas en sy mense opgeteken en uitgebeeld. Kom hoor hoe die plaas se meestertuinier, botanis en blomghoeroe stories deel oor die natuur se kreatiwiteit, groei en verwondering, en ervaar oorvloed met jou sintuie.

Aangebied deur Babylonstoren

Met Gundula Deutschländer, Constance Stuurman, dr. Ernst van Jaarsveld