Barbara Masekela: Poli Poli

Afrikaans, Engels
60 Minute

11 Oktober

11:00
R75 | R100 by die deur

Die ouddiplomaat Barbara Masekela gesels met Glynis Breytenbach oor haar openhartige memoires, Poli Poli. Die titel verwys na die liewenheersbesies wat hulle as kinders gevang en Poli Poli genoem het – boodskappertjies wat die kinders wat by oumas grootword, na hulle ouers “gestuur” het. Sy vertel van haar Afrikaanse ouma Johanna Mabena Bower, haar grootwordjare in ’n steenkoolmynlokasie in die 1940’s en die Alexandra-township in die 1950’s, haar musikale broer Hugh, en ’n politieke loopbaan wat van Mandela se personeelhoof tot ambassadeur gestrek het.

Aangebied deur Jonathan Ball