BEGELEIDE FIETSTOER DEUR STELLENBOSCH

Meertalig
240 Minute

7 Oktober

09:00

8 Oktober

09:00

9 Oktober

09:00

10 Oktober

09:00

11 Oktober

09:00

12 Oktober

09:00

13 Oktober

09:00

14 Oktober

09:00

15 Oktober

09:00

Vertrek vanaf Adventure Shop, Ou Landbousaal, Noordwal-Wesstraat

R1065 p.p. Private toer: R 1440 p.p.

Dié begeleide toer begin met ’n besoek aan sommige van die historiese plekke in Stellenbosch, waarna ons deur die dorp in die rigting van die skilderagtige Jonkershoek-vallei ry. Die pad kronkel tussen eike- en populierbome na Stark-Condé, ’n wynlandgoed aan die voet van die berge, waar jy die uitsigte kan geniet terwyl jy van hul pryswenner-wyne proe op ’n eiland in ’n meer. Op pad uit die vallei verwyl ons ’n oomblik by die pragtige Lanzerac-landgoed met sy Kaaps-Hollandse argitektuur. Hier wag ’n keldertoer voordat ons ’n sjokolade-en-wyn- paring meemaak wat jou smaaksintuig sal prikkel. Elke fietsryer sal ’n fiets en helm kry wat hulle pas. Die gids neem ’n rugsak vir die gerief van diegene wat wyn langs die pad wil koop. Opsioneel: R250 p.p. ekstra vir ’n elektriese bergfiets, indien beskikbaar.