Bibi & Pieter en ronde 2

Afrikaans
60 Minute

9 Oktober

12:00
R75 | R100 by die deur

Annie Klopper vind meer uit omtrent Bibi Slippers (Soekenjin) en Pieter Odendaal (Ontaard) se langverwagte tweede bundels. Soekenjin gaan oor die “alles” wat die internet verteenwoordig: verbindings en gebroke verbindings; die soeke na liefde, die self, betekenis, na die regte woord, na banale inligting aanlyn, en al die aansprake op ons aandag wat ’n mens op vreemde afdraaipaadjies lei. Ontaard kyk op sy beurt na queer-identiteitspolitiek, geboortegrond, die klimaatskrisis, verlies en vervreemding – en vra ongemaklike vrae oor herkoms, tuiswees en heengaan.

Aangebied deur Tafelberg