Bitterkomix 19: Hoe lank meen ons om hier uit te hou?

Afrikaans
60 Minute

11 Oktober

12:00
R75 | R100 by die deur

Met hulle kenmerkende satiriese styl keer Conrad Botes (Konradski) en Anton Kannemeyer (Joe Dog) terug met ’n nuwe uitgawe van Bitterkomix, die kultus-strokiesprent wat in 1992 begin is terwyl hulle studente aan die US was. Bitterkomix 19 konfronteer skynheiligheid, dubbele standaarde, opsetlike onkunde, en bowenal: dít wat ons geword het. Offerlammers, heilige koeie, Judasbokke, die hele plaaswerf word in Bitterkomix 19 gespitbraai. Skrapkultuur, seksisme, satire, kuns, bevoorregting en mishandeling is op die spyskaart. Donker, humoristies en ongemaklik. 

Aangebied deur Soutie Press