Blondes, Rach, Rav & Queen

Meertalig
70 Minute

14 Oktober

10:30
R165-R190 | R195-R220 by die deur

Die Blondes se vernuftige keurspele vir twee klaviere draai dié slag om die letter R. Die klassieke helfte sluit in ’n Rachmaninoff­keurspel met fragmente uit sy geliefde Vocalise en Klavierconcerti, die Paganini- variasies en die bekendste Preludes, plus ’n Ravel­keurspel met melodieë uit sy Klavierconcerti, Bolero, Habanera en die orkeswerk La Valse. En dan ruk en rol die klaviere saam met tromme in Queen se treffers “Bohemian Rhapsody”, “We Are the Champions”, “A Kind of Magic” en “Friends Will Be Friends”.

Met: Elna van der Merwe (klavier), Zorada Temmingh (klavier), Schalk Joubert (baskitaar), Kevin Gibson (tromme)