Blou Bloed: Koninklike spore in Suid-Afrika

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
R80 | R110 by die deur
60 Minute

3 Oktober

11:30

Daniël Lötter is ’n skrywer met ’n bloed­hond se neus vir ’n vreemde storie. En nou het dié bloedhond blou bloed geruik. In sy jongste boek verduidelik hy waarom soveel bloubloediges sulke sterk bande met Suid-Afrika het. Arlene Prinsloo, kenner van die koninklikes, vra Daniël uit, sodat ons almal kan vasstel of ons dalk verlangs verwant is aan ’n kroonprins, en hoe dit gekom het dat prinses Anne van Brittanje se oorkrabbertjie dwarsdeur ’n volstruis se pens gegaan het.

Aangebied deur Protea Boekhuis