Boekklub: André de Ruyter: Truth to Power

Afrikaans, Engels
75 Minute

14 Oktober

18:15
R90 | R120 by die deur (met ’n gratis glas wyn vooraf)

André de Ruyter se Truth to Power bewys Eskom is ’n speelbal in die hande van ’n magtige staatsbestel wat korrup en buite beheer is. Die vraag is of Eskom reggemaak kan word sonder ’n omvattende regeringsverandering en herstrukturering. Om die tafel vir ’n gesprek onder leiding van die politieke ontleder Piet Croucamp is De Ruyter uit die buiteland, Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings. Prof. Malegapuru Makgoba, voormalige tussentydse voorsitter van Eskom en skrywer van die nuwe boek Leadership for Transformation, sluit by hulle aan. 

Aangebied deur Penguin Random House en Skotaville