BOERPLEK VAN VREES

Meertalig

7 Oktober

09:00

8 Oktober

09:00

9 Oktober

09:00

10 Oktober

09:00

11 Oktober

09:00

12 Oktober

09:00

13 Oktober

09:00

14 Oktober

09:00

15 Oktober

09:00
Gratis

Anton Kannemeyer se eerste solo-uitstalling in Suid-Afrika sedert 2015. Vir hom was 2015 ’n waterskeidingsjaar – die jaar van die #FeesMustFall-opstande en die jaar wat uitdagende satire op vele platforms wêreldwyd die mond gesnoer is. Nie, soos gewoonlik, vanuit ’n regse oord nie, maar deur linkse aktiviste en die voorheen verdraagsame, liberale kuns-establishment. Alles in die naam van sosiale geregtigheid en politieke fatsoenlikheid. Die uitgestalde werke tree in gesprek met cancel culture, die woke-mentaliteit en die humorloosheid en gebrek aan self-ironie in die ideologieë wat tans aan jongmense opgedring word.