By dié werksessie gaan jy een van die vroegste fotografiese tegnieke bekend as sondruk (cyanotype) leer ken. Ons verken eers ’n plaaslike tuin om voorwerpe vir ons komposisies te versamel. In die eerste werksessie gaan elke deelnemer self op papier unieke sonafdrukke skep met fotosensitiewe verf om huis toe te neem. In die tweede werksessie word die proses op ‘n lapsak toegepas. Die afdruk word verwerk wanneer die ink wat deur die skaduwee van die gefotografeerde voorwerp versteek is, deur lopende water afgespoel word.