Braam en die engel

Afrikaans
70 Minute

11 Oktober

15:30

13 Oktober

17:30

14 Oktober

09:00

15 Oktober

10:00
R120-R180 | R150-R210 by die deur

Die geliefde kinderboek Braam en die engel is verwerk as ’n magiese, multi-dissiplinêre teaterervaring vir die hele gesin. In dié boeiende storie oor die krag van vriendskap, verbeelding en hoop word ’n pasaangestelde streeksengel op ’n sending gestuur om te keer dat die inwoners van Wale van ellende vergaan. In Wale ontmoet die engel vir Braam en saam vertrek hulle op ’n reis wat hulle deur talle dorpe met verskillende uitdagings neem.

Met: Joanie Combrink, De Klerk Oelofse, Rehane Abrahams, Marelize Viljoen, Shaun Oelf

Regisseur Nico Scheepers

Vervaardigers KKNK en Momentum Beleggings Aardklop

Skrywer Marietjie de Jongh

Verwerker Kanya Viljoen

Tegniese versorging, kostuums, stel- en beligtingsontwerp Nico Scheepers en Nell van der Merwe

Musiek Franco Prinsloo

Verhoogbestuur Nell van der Merwe

Assistent-regisseur Grant van Ster

’n Momentum Beleggings Aardklop-produksie in samewerking met die Feeste-Forum, moontlik gemaak deur NATi, AK21