By monde van moeders

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute

3 Oktober

10:00
R80 | R110 by die deur

Hallo, Ma is ’n bundel rubrieke in die vorm van briewe aan haar ma deur die akademikus en stigter van die Windhoekse Woordfees, Chrisna Beuke-Muir, wat self ’n ma van ses is. In Sing, Mamma, sing, vertel Theresa Papenfus haar eie gesin se storie, met die lewe en vroeë dood van haar jongste seun, Braam, as die spilpunt. Skrywer in eie reg Lizette Murray gesels met Chrisna en Theresa, en daar word woorde gewissel oor ma’s, moederskap en  ’n ma se swaarste ervaring.

Aangebied deur Litera, Naledi