CAP CLASSIQUE-BORREL

Afrikaans, Engels
Geen o.18 (Alkohol)
90 Minute

10 Oktober

12:00
R150 | R180 by die deur

Vonkelwyn word al meer as 50 jaar volgens die tradisionele metode op Suid-Afrikaanse bodem gemaak. Kom ervaar dié betowerende borrels by ’n proesessie met verskillende style vonkelwyn. Die Cap Classique-produsentevereniging (CCPA) is in 1992 deur passievole produsente gestig en is vandag die fakkeldraers vir dié snelgroeiendste kategorie in die plaaslike wynmark. Die CCPA bemark Cap Classique plaaslik en internasionaal, en bevorder samewerking tussen produsente om die tegniese standaarde en gehalte te verbeter.