Cape Choral Academy: Bolandse Misse

Meertalig
60 Minute

10 Oktober

20:00
R175-R210 | R205-R240 by die deur

’n Versameling van groot koor­- en orkeswerke – die Karoo-mis van Xander Kritzinger en Vivaldi se Magnificat – is van die musiek wat saamgeweef word tot ’n reis deur die jare. Die tydloosheid van die werke binne ’n bewussyn van ons hedendaagse uitdagings en vieringe herinner ons daaraan dat ons dinge soms mis, maar dikwels ook raakvat. Dit is die musiek wat ons saambind en verander.

Met: Cape Choral Academy o.l.v. Xander Kritzinger, Kaapse Barokorkes o.l.v. Erik Dippenaar, Winand Grundling (orrel)

Vervaardigers Xander Kritzinger, Divan Bosman

Kostuums Cape Choral Fashion

Verhoogbestuur Jess Meissner

Programontwerp Divan Bosman