Die eerste helfte van die Kaapstadse Kamerkoor se program sluit geliefde gewydekoorwerke in deur die Duitse Romantiese komponiste Felix Mendelssohn, Josef Rheinberger en Max Reger, asook Edvard Grieg. In die tweede helfte word gewyde koorwerke van Suid-Afrikaanse komponiste soos Peter Klatzow, Hans Huyssen, Hendrik Hofmeyr, Niel van der Watt en Rudolf de Beer voorgedra.