Charl du Plessis Trio: Peer Gynt Suite

Meertalig
70 Minute

12 Oktober

12:00
R165-R190 | R195-R220 by die deur

Die Charl du Plessis-trio is terug by die Woordfees met nuwe musiek. Grieg se Peer Gynt Suite kan gehoor word in verwerkings waarin klassieke musiek gekombineer word met invloede van jazz, pop en ander eklektiese style. Daar is ook musiek van Bach en ABBA. Die trio het al nege albums op hul kerfstok, waarvan vier met Sama-toekennings bekroon is.

Met: Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas), Peter Auret (tromme) 

Regisseur en vervaardiger Charl du Plessis