George Gershwin se bekendste werk, die Rhapsody in Blue, vier vanjaar sy 100ste verjaardag in ’n program van die bekroonde Charl du Plessis-trio. Dié ensemble is bekend vir hulle verwerkings van klassieke meesterstukke. Hier word vernuftige tegniese vaardighede vertoon en bekende melodieë en voetjeukende ritmes gekombineer. Die program sal gewilde Gershwin-melodieë insluit soos “I loves You, Porgy”, “I Got Rhythm” en “Summertime”, plus twee onbekende klavierwalse wat ná sy dood eers ontdek is.