CHENIN BLANC-PROE MET KEN FORRESTER

Afrikaans, Engels
Geen o.18 (Alkohol)
90 Minute

12 Oktober

12:00
R150 | R180 by die deur

Kom proe ’n keur van voortreflike chenin blanc-wyne saam met Ken Forrester, alias Mnr. Chenin, wat as vlagdraer vir dié kultivar ’n beduidende impak op die plaaslike wynbedryf het. Daar is meer chenin blanc in Suid-Afrika aangeplant as in die hele res van die wêreld, en dit word internasionaal as ons voorste kultivar gereken. Suid-Afrika word ook beskou as die pionier in die ontwikkeling van ’n nuwe geslag veelsydige style wat wynmakers elders ter wêreld inspireer om hulle eie unieke weergawes van dié kultivar te ontwikkel.