Cheviot Place 6 – Kruispad van kunstenaars, skrywers en intellektuele (1956 – 1990)

Afrikaans
60 Minute

10 Oktober

15:00
R30

deur Amanda Botha, joernalis, dokumentêre filmregisseur en skrywer van verskeie biografieë oor kunspersoonlikhede

Cheviot Place 6 in Seepunt is die huis wat Erik Laubscher en Claude Bouscharain met Jan Rabie en Marjorie Wallace gedeel het. Suid-Afrika se eerste “boheemse kolonie” het daar onstaan en dit vir kunstenaars moontlik gemaak om vryelik met mekaar om te gaan, ongeag die politiek van die dag. Die gevolge was grensverskuiwend en histories van belang. Dit was die wieg van Suid-Afrikaanse moderne kuns, én van die Sestigers- skrywersbeweging.

Met: Amanda Botha