Afrikaans
50 Minute

13 Oktober

14:30

15 Oktober

13:00
R200-R220 | R230-R250 by die deur

Die merkwaardige verhaal van die komponis-pianis Clara Schumann kry lewe in dié klein meesterstuk deur Riana Scheepers waarin die pianis Nina Schumann en die aktrise Carla Smith die rol van die heldhaftige hoofkarakter vertolk. Nina Schumann, wat soos Madame Clara ook ’n pedagoog en konsertpianis is, verklank Clara se storie met klaviermusiek deur die komponiste Robert en Clara Schumann asook Johannes Brahms, Clara se geliefde vriend. Haar lewe van passie, tragiek en bowenal uithouvermoë word in Afrikaans aangebied, begelei deur die universele taal van musiek.

Met: Carla Smith, Nina Schumann (klavier) 

Ondersteun deur NATi, Hessequa Harmonie 

Regisseur Niël Rademan 

Vervaardiger Niël Rademan Produksies 

Skrywer Riana Scheepers 

Stelontwerp en kostuums Lindi-Heila Smit 

Musiek Clara Schumann, Robert Schumann, Johannes Brahms