‘Coloured’: Dis ons kultuur

Afrikaans
60 Minute

13 Oktober

10:30
R75 | R100 by die deur

Bernedette Muthien pols die Kokkedoor: Vuur en vlam-kok Nate Smith, Kay Karriem, oudredakteur van Kuier, en Tessa Dooms en Lynsey Chutel, jong skrywers van Coloured: How Classification Became Culture, oor bruin gemeenskappe wat dikwels geminag word as “nie swart genoeg of nie wit genoeg” nie, en die wanopvatting dat hulle geen duidelike erfenis of kultuur sou hê nie. Die boek wys juis watter eiesoortige kultuur uit ’n traumatiese ontstaansgeskiedenis ontwikkel het en wat vandag in die taal gevier word – van kos tot musiek. 

Aangebied deur Jonathan Ball Publishers