Historiese fiksie
Aangebied deur Human & Rousseau
Jacques Pauw het Jeremy Vearey beskryf as “ ’n baasspeurder met ’n vlymskerp pen”. Met Rooisand waag dié voormalige speurhoof vir die eerste keer sy hand aan fiksie. Rooisand is ’n epiese oorlogsroman wat in Namaland afspeel en is die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts. Ruth First het dié opstand en gewelddadige onderdrukking die “Sharpeville van die 1920’s” genoem, en Vearey roep die verhaal oor sand, bossies en duine heen op. Ingrid Jones gesels met Jeremy en Kirby van der Merwe, wat Crimson Sands vertaal het.