Daisy de Melker: Gifmoordenares

Afrikaans
60 Minute

12 Oktober

09:30
R75 | R100 by die deur

Izak du Plessis vra vir Ted Botha uit oor sy sappige Daisy de Melker: Hiding Among Killers in the City of Gold wat handel oor dié gifmoordenares wat in die 1930’s koerantvoorblaaie wêreldwyd gehaal het. In die week voor die uitspraak is fluks sake gedoen op die hoftrappe soos mense hulle sitplekke binne verkoop het. Op die dag van afrekening was die aanklaer én Daisy se advokaat afwesig en die junior advokaat, die later beroemde Isie Maisels, moes aanhoor hoe hulle kliënt galg toe gestuur word weens die moord op haar seun. 

Aangebied deur Jonathan Ball