Debat-derby: US & NWU

Afrikaans, Engels

13 Oktober

09:00
Gratis

Kom waardeer die kuns van debatvoering, die sport van redekawel, wanneer Universiteit Stellenbosch en Noordwes-Universiteit mekaar die stryd aansê. In dié woordoorlog moet studente op hulle voete dink, argumente na mekaar slinger en redeneer dat die stof staan. Die fyn en vinnige denkers van die twee universiteite sal sorg vir ’n gedagteprikkelende tyd. 

In samewerking met die ATKV