Delela (astrant)

Afrikaans, Engels, Meertalig
Geen o.16 (T, V)
90 Minute

9 Oktober

09:30

12 Oktober

20:30

14 Oktober

18:00
R120-R150 | R150-R180 by die deur

Die erfgename van die Strauss-Smith-familiefortuin bestuur ’n transformasie-en-diversiteitsprojek vir die familiestigting, maar dinge loop lelik skeef. Hulle ambisieuse inisiatief is deel van ’n golf van diversiteitspogings wat gewild is onder organisasies regdeur die land. Die Strauss-Smith-stigting is een van Suid-Afrika se oudste en rykste privaat-liefdadigheidsinstellings, maar alles is in gedrang ná ’n nuwe diversiteitsaanstelling die familie se sin van verantwoordelikheid uitdaag en ’n publisitietsnagmerrie tot gevolg het.

Met: Daniel Barney Newton, Katlego Lebogang, Frances Sholto-Douglas, Fadzai Simango, Dara Beth (stem)

Moontlik gemaak deur National Arts Festival, Baxter-teater

Regisseur, vervaardiger, skrywer, stelontwerp en kostuums Tiisetso Mashifane wa Noni

Beligtingsontwerp Andi Colombo

Oorspronklike musiek Denise Onen

Verhoogbestuur Dara Beth

Klankopnames en -versorging Ruan Vos