Misdaadrillers
Aangebied deur Queillerie, Human & Rousseau
Chris Karsten en Rudie van Rensburg het albei hulle loopbaan as joernalis begin. Vandag tel hulle onder ons voorste misdaadskrywers. Chris en Rudie gesels met P.P. Fourie, skrywer van Ons skulde en ’n Hart is so groot soos ’n vuis, oor hulle jongste boek, hulle oudste obsessies en die tydlose temas wat hulle as skrywers besig hou. Hulle gesels oor hulle onderskeie delwery in die donker kant van die menslike psige in Die keiser se duim en Gebooie.