Deon Meyer en Coenie de Villiers keer ná hulle sensasionele Karoo Suite-vertonings terug met die verhaal van ’n man en sy musiek, en die hersenskim van roem. Vir sy rolle in die produksie het Eldon van der Merwe ’n Kanna ontvang as die beste manlike speler in ’n ondersteunende rol.