Die Departement Afrikaans en Nederlands is ’n eeu oud. Saam met die tyd het die taal en die departement ook van gedaante verander. Voormalige en huidige kollegas, studente en oudstudente gesels oor die departement se geskiedenis, hul toekomsvisie en rol in ’n veranderende wêreld met ontwikkelende taalgemeenskappe.