Die Afrikaans 100-veldtog

Afrikaans
60 Minute

11 Oktober

15:30
Gratis

Op 8 Mei 2025 sal dit presies 100 jaar wees sedert Afrikaans ’n amptelike taal van Suid-Afrika geword het. Afrikaanse organisasies, instansies, maatskappye, skole en enigiemand anders wat Afrikaans as inheemse taal koester, word genooi om by Afrikaans 100-feesvieringe betrokke te raak deur hul eie inisiatiewe van stapel te stuur om dié groot geleentheid te vier. Kom luister wat die oorsigkomitee onder leiding van Theuns Eloff alles beplan vir die eeufeesjaar. 

Met: Theuns Eloff (gesprekleier), Michael Jonas, Karen Meiring, Ria Olivier