Die antie soek ’n Ben10

Afrikaans
60 Minute

14 Oktober

14:00

15 Oktober

17:00
R150 | R180 by die deur

Die antie, ’n borrelende kerksuster, besluit om met ’n aanlynprofiel vir haar ’n jong bokkie los te slaan. Gaan sy só haar Ben10 vang, of nie? “Ben10” is haar troetelnaampie vir ’n jong mannetjie wat ’n ouer vrou baie gelukkig kan hou. Kom lag en sug saam oor die antie se allenigheid en lus vir die lewe!

Met: Danneline Ramsden

Regisseur en tegniese versorging Eldon van der Merwe

Skrywer en vervaardiger Danneline Ramsden