Die dag toe Guppie sweef

Meertalig
40 Minute

7 Oktober

15:00

8 Oktober

10:30

14 Oktober

12:30
R75­-R100 | R105­-R130 by die deur

Deur narrespel en fisieke komedie vertel twee hansworse uit 2052 die storie van die grensposbewaarder Guppie. Hy woon in die Republiek van die Kapokboerevereniging, wat so gedoop is nadat ’n aardbewing ’n skeur rondom ’n stuk grond met 12 plase, twee opgaardamme en ’n kerk veroorsaak het. Guppie staar daagliks na die elektriese heining en wonder of daar lewe aan die ander kant is. Die jongspan gaan skaterlag, terwyl die onderliggende kommentaar volwassenes sal laat nadink. 

Met: Kerscha Titus, Robert Hindley 

Regisseur en stelontwerp Alberto Smit 

Vervaardiger Motorhuis Productions 

Skrywers Alberto Smit, Jeani Heyns 

Xhosa-vertaler en -oorklankkunstenaar Onela Metuso 

Verhoogbestuur Jeani Heyns