Die geskenk

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute

4 Oktober

14:30
R80 | R110 by die deur

Die geskenk is die skrywer en joernalis Riette Rust se ontroerende ware verhaal, onthutsend eerlik en vol menslikheid. Van haar kinderjare in die Paarl, waar haar pa whiskybottels in die gangkas wegsteek, haar huwelik met JD, die onbeplande swangerskap en gelukkige gesinsjare, tot die oggend toe Riette haar man se lewelose liggaam in hul kombuis vind, en haar hele wêreld aan skerwe spat. Marlene le Roux praat met Riette oor hoe ’n mens weer voluit leer leef nadat die ondenkbare gebeur het.

Aangebied deur Tafelberg